Navigeer verhoudings: Insigte van Dr Lize Naudé
Esmarie: Liefde word vir vrouens van kleins af verpak as 'n idilliese gebeurtenis, waar die ridder op die wit perd jou van jou voete afvee en jou lewe kom ophelder soos 'n prinses in 'n sprokiesverhaal. Maar die liefde is in der waarheid 'n werkwood en beginsel van opoffering. Dis elke dag 'n keuse om een persoon vir die res van jou lewe lief te he. Vanoggend gesels ons oor verhoudings en hoe om dinge reg te maak wanneer kanse verspeel is.
Esmarie: Gelukkige Valentynsdag, ek hoop Doktor het ook rooi aan vandag!
Doktor Naude: Verseker!
Esmarie: Nee absoluut, en ek wil nou net daarby uitgekom het...Doktor het nou 'n paar dinge genoem wat daartoe kan lei dat verhoudings kan skeefloop.
Jy kan hier na die onderhoud luister!
Sosiale media se impak op verhoudings
Esmarie: Is ons in 'n tyd waarin dit te maklik is om die handdoek in te gooi?
Doktor Naude: Weet jy, ek glo dit lyk net asof die handdoek makliker ingegooi word, omdat vrouens vandag meer opsies het as vroeër jare. Destyds het vrouens baie keer in toksiese verhoudings of huwelike gebly, jy weet vir finansiële redes, maar baie vrouens kan vandag na hulleself omsien. Die samelewing veroordeel ook minder teenoor egskeiding as jare gelede.
Esmarie: Maar word die leifde nie aan veel meer uitdagings onderwerp met goed soos sosiale media nie? Ek kan dink dis nie noodwendig voordelig vir 'n verhouding nie?
Doktor Naude: Ja, dit het nogal 'n groot effek, want wanneer dit kom by om jou maat te vertrou, kan sosiale media definitief 'n uitdaging inhou. Indien jou maat byvoorbeeld al die fiksheidmodelle volg en hulle bikini fotos "like", mag dit vir jou moelik wees en baie onseker laat voel. Indien jou maat ou vlamme op Facebook en Instagram raakloop en weer gesprekke aanknoop, gebeur dit baie keer dat buite egtelike verhoudings, of as jy nie getroud is nie, net 'n verhouding buite julle verhouding met hierdie ou vlamme aangeknoop word. Maar daar is ook 'n positiewe kant wat ons nie moet vergeet nie, en ek vind dit baie by die jonger geslag. Waneer jou maat jou fotos of julle fotos pos op sosiale media en met jou en julle saam spog, en julle as 'n eenheid vir die wereld afwys, kan dit jou baie spesiaal en gekoester laat voel.
Esmarie: Ja absoluut, en Valentynsdag is nou hier en ek hoop ons sien 'n oorvloed van fotos van mense wat hulle liefde op sosiale media deel.
Trauma na ernstige verhoudings
Esmarie: Doktor, wanneer verhoudings skeef loop, en dit gaan gepaard met trauma...met watter tipe gevalle het jy meestal te make?
Doktor Naude: Wel, ek deel met die gapende wonde van my kliënte indien daar 'n derde persoon by die verhouding of by die huwelik betrokke is of was. Gevoelens van geweldige mislukking, gevoelens van nie goed genoeg wees nie, baie woede of verpletterende selfvertroue en selfbeeld, skuldgevoelens, en dan die onvermoë om weer te vertrou na 'n verhouding.
Esmarie: Dis nou waar ons wil uitkom. Wat as dinge skeefloop? Kan twee mense mekaar onder die meeste omstandighede weer vind? Of moet ek dit anders stel en vra of die persoon wat seer gekry het hom of haar self weer kan vind?
Doktor Naude: Ek gaan begin deur hierdie te sê, verhoudings moet konsekwent aan gewerk word...wat eintlik net beteken dat ons verhouding met ons maat voordurend ons prioriteit moet wees. Dit beteken dat tyd vir en met mekaar, kommunikasie en die vervulling van mekaar se behoeftes en die praat van mekaar se liefdestaal, verskriklik belangrik is. Maar ongelukkig gebeur die lewe en ons kom nie noodwendig daarby uit nie, en ons prioritiseer dit nie. Maar hoe gouer 'n mens agterkom dat ‘n mens uit mekaar uit dryf, en weer op mekaar herfokus, hoe groter is die kans vir herstel. Maar sommige paartjies dryf uit mekaar uit. Hulle fokus die hele tyd op ander goed, en wanneer hulle hulle oë uitvee, is daar hierdie gaping en geen konneksie nie. 'n Derde persoon kom in die prentjie of geweldige konflik onstaan, omdat mekaar se behoeftes nie vervul word nie. Maar die punt is, hoe meer water onder deur die brug deurloop, hoe moeiliker is dit vir 'n verhouding om te herstel. Wanneer jy sit met die pyn van ‘n verhouding wat verbrokkel is, wat verby is, en jy sit met al die wonde wat ek van gepraat het, dan is daar verseker steeds hoop, en dit is waarmee ek elke dag werk. Ek het spesifieke trauma tegnieke waarmee ek werk, en jy kan herstel. Daar is weer lewe en sielkundige herstel en emosionele gesondheid na 'n verhouding, 'n ernstige verhouding wat wel verbrokkel het. So ja, ek wil vir die luisteraars hoop gee. As jy sit met daardie pyn van ‘n verhouding wat verbrokkel het, gaan soek vir hulp. Daar is hulp beskikbaar en daar is hoop.
Esmarie: Absoluut, nou weet ek ook die liefde is vir menigte nie beskore nie. Mens aanvaar dit baie maklik as vanselfsprekend wanneer jy jou beste maatjie gekry het en jou verhouding werk en jy is gelukkig in die huwelik. Maar hoe waak mens daarteen dat alleenheid in depressie omskakel, en hoe kan daardie individu vreugde vind?
Vriendskap is ook 'n form van 'n verhouding
Doktor Naude: Jy weet, na my mening het selfs die grootste introvert die behoefte aan ten minste een betekenisvolle verhouding, en daardie verhouding hoef nie noodwendig 'n romantiese verhouding te wees nie. Dit kan net ‘n vriend of ‘n vriendin wees. Ons wil net weet daar is iemand wat ons sien vir wie ons is en ons hoor, ons bestaan bevestig. Mens vind baie keer dat mense wat nie romantiese maats het nie, se vriendskappe gewoonlik baie meer intiem is as mense wat wel in romantiese verhoudings is. So vir daardie mense, fokus op vriendskappe en as jy nie daardie vriendskappe het nie, gaan uit na plekke toe waar jy wel daardie vriende kan ontmoet. Of dit nou by die kerk is of by die werk. Of as iemand jou nooi na ‘n plek toe, gaan en soek daardie persoon met wie jy kan relate, of dit nou romanties is of nie. Net sodat iemand jou kan sien en hoor.
Esmarie: Vind jou sirkel. Kry daardie sirkel mense wat jou verstaan en waar jy voel jy behoort. Dan is jou hele lewe sommer voller as jy daardie groepie mense het. Al is daar net een of twee soos wat jy sê, mense hoef nie hordes vriende te hê nie. Op sosiale media lyk dit altyd of mense omring is deur derduisende vriende, maar dan is daar net 'n klein handjie vol mense wat regtig daardie mense se harte ken en dit is waarna 'n mens regtig soek in die lewe. Vir daardie doelgerigtheid soos wat Doktor nou sê. Nou weet ek afspraaktoepassings is daar. Dit is daar vir baie mense, maar baie mense sê dit is riskant, want jy weet nie wie kry jy nie en mense is baie versigtig, maar toe gaan doktor en ontwikkel ‘n afspraaktoepassing. Waarom? Vertel ons meer?Hoe Dr Naude Smooches se platform geskep het
Doktor Naude: Wel Esmarie, ek glo alleenheid is die siekte van ons tyd en daarom het ek 'n platform geskep met die naam "Smooches" waar mense mekaar kan ontmoet met die intensie om ernstige verhoudings aan te knoop. Die algoritme van Smooches is gebaseer op die belyning van "wie is ek?" met "wat wil ek hê?" Hierdie inligting word verkry deur 'n omvattende vraelys wat ek ontwerp het wat deurslaggewende aspekte van versoenbaarheid meet, insluitend persoonlikheid, fisiese voorkoms, seksualiteit, gewoontes, belangstellings, lewenstyl, gunsteling aktiwiteite en dit onderskei Smooches van ander afspraaktoespassings aangesien meeste van hulle slegs op voorkoms en persoonlikheid fokus. Maar nie Smooches nie.
Esmarie: Hierdie het diepte en daai “Smooches”, die versoenbaarheid.
Doktor Naude: Absoluut, en die feit dat Smooches se grootse waardes integriteit en deursigtigheid is, asook die veiligheid van ons lede. So daarom, voordat iemand toegang het tot die platform, moet hulle 'n 10 minute aanlyn verifikasie proses ondergaan waar 'n Smooches konsultant hulle vooraf opgelaaide ID-dokument, fotos en 'n kort video van hulle self verifieer om seker te maak dat jy regtig is wie jy sê jy is en dat jy lyk soos wat jy op jou fotos lyk - sodat al die skelm goed wat gebeur op ander toepassings uit die weg geruim word.
En verder, om veiligheid en privaatheid te verseker, kan lede se profiele slegs gesien word deur ander vooraf geverifeerde lede met wie hulle suksesvol kan “match”. So, jou profiel is nie vir almal sigbaar nie. En daar is ook geen “swiep” regs of “swiep” links aksie gebaseer op fisiese voorkoms nie. En wat ons ook onderskei is dat daar ‘n private gesels platform op Smooches is.
So jy gebruik jou skuilnaam totdat jy besluit om jou kontak besonderhede vir die ander persoon te gee.
Esmarie: Dit is wonderlik en dit is deel van die dinge wat doktor sê, daar is nog hoop. En as ‘n mens van so ‘n platform gebruik maak, is daar regtig nog ‘n kans vir jou om iemand te vind wat vir jou diepte in jou lewe gaan bring en nie oppervlakkig gaan beoordeel op grond van hoe jy lyk nie, maak nie saak hoe oud of jonk jy is nie. En ek dink dis baie belangrik om te weet. Ek weet nie hoe dit werk nie, maar daar gaan nie ‘n regs “swiep” wees as iemand nie hou van wat hulle sien nie, of is dit ‘n links “swiep”? Ek is nie nou seker nie.
Doktor Naude: Ek ook nie!
Esmarie: Dit is goed dat ons nie weet nie. Jy wil nie voel iemand oordeel jou op grond van hoe jy lyk nie, want daar is regtig baie meer aan 'n mens as hoe jy uiterlik vertoon, want die mooi vergaan maar die deug bly staan en dis waarop mense moet fokus.
Afsluiting
Esmarie: Doktor, ek is sommer opgewonde op hierdie Valentynsdag. Baie dankie vir die wonderlike gesprek. Ons maak weer so in die toekoms.